Afrikaans is nie vir sissies nie 

Baie leerders dink verkeerdelik dat jy nie vir Afrikaans hoef te leer nie, want ons praat dit tog elke dag...

Afrikaans is 'n leervak met fasette soos Idiome, Intensiewe vorme, sinsontleding en nog soveel meer. Dit kan gesien word as 'n bouprojek.  Elke jaar bou jy nog 'n paar stene om teen die einde van jou skoolloopbaan 'n pragtige taalhuis te hê.  

Afrikaans is nie vir sissies nie, is 'n boek wat ons saamgestel het wat jou sal help met die boustene wat jou leerder nodig sal hê vanaf Graad 4 tot Graad 7.  Die boek het baie voorbeelde en ook spasies waar jy jou eie woordlyste self kan uitbrei en byhou.  Dit kan 'n handige verwysing wees ook in die hoërskool.  

 Naam:  Afrikaans is nie vir sissies nie

Bladsye:  100

Prys:  R95.00  (Terme en voorwaardes)

Die boek bevat onder andere:

  • 800 Idiome
  • 120 Intensiewe vorme
  • 60 Homofone
  • 60 Manlik en vroulike name
  • 50 Versamelname
  • 50 Antonieme
  • 40 Sinonieme
  • 20 Homonieme
  • 20 Dieregeluide
  • 9 Woordsoorte
  • Sinsontleding
  • Reëls vir meervoude. verkleinwoorde, afkortings, trappe van vergelyking en meer.
  • Prosa en poësie terme en opsommings
  • Begripstoets wenke

Bestel hier!