Terme en voorwaardes 

 Doel van die webtuiste:

  • Die doel van hierdie webwerf is uitsluitlik om leerders te help in die Intermediêre Fase.  Ons verskaf hulpmiddels en skakels waar u materiaal kan aflaai om u leerder beter kans te gee op prestasie.

       Vrywarings:

  •  Casual Creations het redelike maatreëls getref om te verseker dat die inhoud wat op hierdie webwerf asook alle gedrukte media verskyn, korrek is ten tyde van die ontwikkeling daarvan.
  • Ons gee geen waarborg met betrekking tot die akkuraatheid en volledigheid van die inhoud op die webwerf nie en u stem toe dat die gebruik van die webwerf en enige gedrukte media en die inhoud "voetstoots" is en nie saamgestel is om in individuele behoeftes te voorsien nie.
  • Hierdie webwerf bevat derde party skakels.  Ons voorsien die skakels vir u gerief, maar dit bly u verantwoordelikheid om u te vergewis van al die grbruiksvoorwaardes van elke afsonderlike webtuiste.
  • Casual Creations is op geen manier verbind (behalwe www.moregr1.yola.com) tot enige van die derde party webtuistes nie.

 Kostes:
  • Die pryse van die boeke is soos dit op die webblaaie verskyn, sluit nie posgeld/koerierkostes in nie.
  • Casual Creations is nie vir BTW geregistreer nie.

 Bestelling en betaling:

  • Nadat u bestelling per epos ontvang is, sal ons die ontvangs daarvan bevestig en 'n faktuur insluit wat die nodige inligting sal voorsien om die transaksie en betalings te finaliseer.
  • Betalings kan slegs deur EFT (Elektroniese fondsoorplasing) gedoen word.

 Versending:

  • Versending van Casual Creations se boeke word per pos gedoen.
  • U is verantwoordelik vir alle versendingskoste.  
  • Laat asseblief 10 dae toe vanaf datum van betaling vir die pakkie om afgelewer te word by jou poskantoor.
  • Vir bestelling van meer as 4 boeke sal 'n koerierdiens gebruik word.  U is verantwoordelik vir die koerierkoste en ons sal dit kwoteer sodra ons die bestelling ontvang, aangesien dit afhang van die hoeveelheid van die boeke en die totale gewig. 
  • Bestellings kan nie gekanselleer of verander word nadat betaling ontvang is nie, en geen terugbetalings sal gemaak word nie.

 Privaatheid

  • Casual Creations sal alle moontlike stappe neem om jou persoonlike inligting te beskerm.
  • Ons maak wel gebruik  van 'cookies', maar u kan die gebruik daarvan onafhanklik deur die verstellings op jou eie soekenjin aanpas.

 Kontakinligting

  •          U kan Casual Creations hier kontak.