Verdere verryking:

Mr V's Classroom - hierdie webtuiste is 'n móét!  Dit gee 'n moderne kykie na verskillende vakke, aspekte en veral Afrikaans wat onder meer Bywoorde en Byvoeglike naamwoorde (ppt.) insluit, maar my gunsteling is sy weergawe van idiome (ppt. en aktiwiteit). 

Klasjoernaal se eie blad met Afrikaanse en Wiskunde oefeninge.  Ons is besig om ons eie arsenaal van Afrikaanse oefeninge te ontwerp. Kom kyk gerus gereeld na ons nuwe materiaal. 

Afrikaanse Idiome en Spreekwoorde - 'n Alfabetiese lys van idiome en spreekwoorde.

Mieliestronk - Hierdie webtuiste is groot, baie groot en bevat klomp Afrikaanse taalwerk, maar is ook 'n goudmyn vir Afrikaanse take en navorsing.  Onthou om tot heel onder te beweeg om al die onderwerpe raak te lees.

Kleuters (moenie dat die naam jou mislei nie) is tuiste propvol inligting in Afrikaans. Loer gerus by Afrikaanse wenke vir Graad 4 deur juffrou Hessie.  Hulle het ook meer inligting oor ANAs en ANA vraestelle.

Litnet fokus meer op die Senior fase, maar ek het die aanbieding oor Voornaamwoorde nogal nuttig gevind.

Onnies Online - nuttige idioom aanbiedinge.

Marilize Swanepoel - sulke uitstekende skyfie-aanbiedings wat onder andere voegwoorde, poësie, tye, sinsleer en nog baie meer insluit. Gaan loer gerus. 


A-Z van Taalleer deur R Schutte is 'n kort opsomming van Afrikaanse Taalleer.



 Vraestelle en werkskaarte:

ANA (Annual National Assessment) is 'n standaard eksamen wat leerders jaarliks aflê in Wiskunde en Letterkunde.  Lees meer oor wat presies die ANA eksamen is en hoe dit  werk.  U kan ook voorbeelde aflaai om u kind te help om  voorbereid te wees vir die eksamen. 

Connexions het verskeie werkskaarte vir byna alle vakke en grade.  Kies die vak waaraan jy wil werk.  Op die volgende bladsy, kyk uit vir "Start>>" knoppie.  Dit is waar jy begin om deur die oefening te werk.  

Think online het verskye aflaaibare aktiwiteite soos blokkiesraaisels (antonieme en sinonieme), leestukke met vrae en meer asook aanlynoefeninge vir verskillende grade en vakke.

Kurrikulum: 

CAPS (National Curriculum and assessment Policy) is die kurrikulum wat tans in Suid-Afrika gevolg word.