Welkom by Klasjoernaal 

Welkom by ons webblad waar ons fokus op Afrikaans in die Intermediêre Fase (Graad 4-7).


Omdat opvoeding een van die grootste geskenke is wat jy jou kind kan gee, wil ons graag ouers in staat stel om die nodige hulpmiddels tot hul beskikking te hê. 

Ons het onlangs 'n boek saamgestel wat die Afrikaanse leerwerk vir die Intermediêre Fase op 'n sistematiese manier uiteensit.  Die boek sal leerders (Graad 4 tot Graad 7) help om voor te berei vir hul eksamens.   Lees meer hieroor.

Tydens ons navorsingsproses het ons op sulke wonderlike, verrykende Afrikaanse materiaal afgekom. Ek weet - die meeste mense dink aan die Internet as net Engels, maar ek was self verbaas oor die verskyndenheid Afrikaanse blaaie wat beskikbaar is. 

Ek wil dit graag deel met ander ouers, onderwysers en kinders. Let daarop dat ons slegs skakels insluit na webtuistes wat hul materiaal gratis beskikbaar stel.  

Besoek gerus ook ons More Grade 1 webwerf, wat spesiaal vir die Graad 1 leerders bedoel is. 

Bydraes 


As u dalk in 'n posisie is om bydraes te lewer in die vorm, kommentaar, voorstelle of vraestelle  in Afrikaans wat u beskikbaar wil stel, kontak ons gerus.

Miskien is daar 'n onderwyser wat sal instem om kwartaaliks vir ons 'n vraestel beskikbaar te stel vir ons leerders om voor te berei vir hul eksamens. Ek sien uit om van jul te hoor!